As daar van julle is wat ook so onhandig soos ek in die kombuis is, probeer gerus hierdie een! Dis letterlik net ‘n paar minute.
250ml (1k) koekmeel
250ml (1k) suiker
2ml sout
20ml (2e) bakpoeier
37.5ml (4e) kakao
250ml (1k) kookwater
60ml visolie
2 eiers
5ml (1t) vanilla
Sif koekmeel, suiker, sout & bakpoeier saam.
Meng kakao & kookwater
Klop eiers & visolie saam en meng by kakao.
Meng by koekmeelmengsel
Voeg vanilla by
Gooi in gesmeerde mikrogolfbak.
Bak in mikrogolf vir 8 min op hoog
Laat staan nog 10 min in mikrogolf voor uithaal.
en voila! Vir icing gebruik ek sommer die getroue ou karamel (dis nou die bietjie wat nog in die blikkie oor is nadat ek so ‘n bietjie geproe het…)