Bokke oorwin Namibië …. joegaai ! jippie jay !

Die Burger se rugbyman skryf „Bokke slaag cum laude.”

 

Wat besiel Die Burger om iemand wat sulke twak skryf aan te stel as hulle rugbyman.Stephen Nell. Miskien is hy onskuldig en het een of intellektuele reus daar by hulle kantoor die opskrif uitgedink.

 

Die hele Namibië het net omtrent 2 miljoen mense, waarvan 80% Wambos is, en die meeste van hulle bly daar iewers rondom Ondangwa en Oskakati. Nou die dag daar verby gery. Elke winkelsentrum daar het omtrent 10 China shops ook in, en al die Chinashops verkoop die selfde gemors.

 

Miskien is daar 30 Wambos wat rugby speel, maar nie een van hulle het die Namibië span gehaal nie. Dit lyk ook nie vir my asof daar een Kavango of Capriviaan in die span is nie.

 

My laaste rugby wedstryd wat ek ooit gespeel het was in 1978 in Katima. Weermag het ‘n senter nodig gehad vir die Saterdagmiddag se wedstyd teen die Polisiespan. Toe was ek nog Petrus Styf, en is opgekommandeer om diens te doen vir die weermagspan. Senter. Ek was nie heeltemal Frans Steyn se size nie, maar ek dink ons hare was darem die selfde lengte. Soos sy hare nou lyk, nie sy Simson haarstyl van so maand gelede nie.

 

Ons het daai middag op Katima gewen, en ook ‘n klomp bier gedrink. Daai veld is nou moer toe, ek het laasjaar gaan kyk. Niemand speel meer daar rugby nie.

 

Nadat ons nou omtrent almal Noord van Tsumeb, en Oos van Grootfontein, en ook die meeste inwoners van die digsbevolkte deel van Windhoek, buite rekening laat, los ons dit met seker omtrent 5% van Namibië se bevolking.

 

Dit is ‘n bevolking van 100 000 mense.

 

Waarvan omtrent die helfte vrouens is. Dit is 50 000 mans. Van hulle is omtrent 20% moontlik tussen die ouderdom van 21 en 32. So dit is 10 000 wat oud genoeg is om rugby te speel.

 

Waarvan omtrent 5% rugby speel.  Ek sou dink omtrent 5 uit ‘n 100 ouens speel nadat hulle klaar is met skool nog rugby.

Miskien? Ek weet nie.

 

 

Dit beteken die HELE Namibië se spelerspoel bestaan uit omtrent 500 spelers van die regte ouderdom.

 

Dit is ‘n wonderwerk dat Namibië hoegenaamd deur die kwalifikasie rondtes gedring het.

 

Nou skryf Stephen Nell dat die Springbokke Cum Laude geslaag het deur Namibië kaf te draf.

 

Die Bokke het gister nie eintlik goed gespeel nie. Smit wat veronderstel is om ‘n akkurate ingooier te wees , het die bal skeef ingegooi, en Hougaard se drie , wat goed was, was daai keer nie ‘n drie nie.  Mens kan aanvoer dat hulle konsentrasie en motivering nie daar was nie. Daar was heeltemal te veel swak hantering en verkeerde opsies.

 

Spies verkrummel altyd as hy weerstand kry, en Habana hardloop by sy senters verby, wat die bal dan vorentoe aangee.

 

Die enigste pluspunt in daardie wedstryd was dat die skoppers akkuraat was.

 

Die res van die wedstryd het ons niks gewys nie.

 

Hoekom skryf koerantmanne sulke twak.

 

 

 

Dodaj komentarz