My hart gaan regtig uit na die
familie en vriende van Janice Bronwyn Linden wat gisteroggend in China
tereggestel is omdat sy met 3kg tik in haar besit betrap is.
Vir haar voel ek net so jammer
want, te oordeel aan die clips wat ek
op eNews gesien het, kom sy uit baie
moeilike omstandighede wat hiér, en ook in die meeste ander beskaafde lande, as
versagtende omstandighede sou gedien het.
Die bottom line is dat sy ‘n ander land se wette oortree en dààrom ook
aan hulle strawwe onderhewig is, maar dit bly hartseer.
En, lest we forget, dat daardie tik wat sy probeer insmokkel het, groot ellende by ander mense
wat dit sou gebruik het sou veroorsaak.
Ironie van die saak is dat haar
teregstelling weinig of niks sal doen om ander drug mules
van hul gewoontes sal laat afsien nie – mense dink mos altyd dat hùlle daarmee
sal wegkom en dat hùlle nooit gevang sal word nie.
Volgens die nuusberig is daar hoeka
sowat 600 Luilekkerlanders wat in verskillende lande verhoorafwagtend is of
tronkstraf uitdien vir dwelmsmokkel.
Ten spyte van Bra’ JZ en ander in
die regering se pogings om haar straf versag te kry, het China bloot hul sterte
daaraan afgevee en voortgegaan.
So asof hulle hul sal steur aan ‘n
piskriek landjie soos Suid-Afrika, boxing
above our weight, what!
Hoop net dat die regering hieruit
sal leer en besef dat die Chinese se rekord van menseregte apartheid soos ‘n
Sondagskool piekniek sal laat lyk.
Proceed with extreme caution, liewe broers en susters in die
regering……..